Wednesday 5 January 2022

Kameel Stoepstorie: Die Lighuis


Die lighuis vir die Indian Myna

Dis warm en droog in die Noord-Wes Provinsie van Suid-Afrika. Ons het nog nie ‘n dag beleef onder 30oC nie. Daar is sulke warm Weste winde wat waai en alles verdor. Die boere se vee moet voer kry en elkeen maak ‘n plan en kyk na die wolke en buig laag en pleit by die Groot Genade vir reën op die regte tyd.



So in die week sit ons op die stoep en warm kry. Ons bekyk die voëls in die tuin. Die Indian Myna paradeer ook op en af en intimideer die ander geveerde gaste. Dit is toe dat ons opmerk dat die Myna kort-kort hoog, na die ou Spoorweë Werfligte, toe vlieg. Jou werklik daar is ‘n gat in die lig en die paartjie is besig om huis op te sit binne in die lig. Die ligte staan so ongeveer 10 meter hoog.


Ons hou hulle dop en besluit dat die ligte seker ‘n tipe broeikas vir Myna’s moet wees. Dis ‘n heen en weer gevlieg en alles waarop hulle beslag kan lê word ingesleep in die nes. Net so skielik as wat die gewoel begin het, kom dit tot ‘n end. Dan word kossies aangedra, wat weer bydra tot ‘n ander bedrywigheid.



Vroeg oggend is daar egter ‘n lawaai van ‘n ander aard. Die lighuis is in rep-en-roer. Ons opmerking is dat daar huismoeles is. Moeksie is nie tevrede met die omstandighede en vereis ‘n lugversorger. ‘n Geskree en gegil wat baie benoud klink.



Jou werklik daar hang groot vere by die gat uit. Die een Myna is binne-in die lig en die ander buite. Altwee gaan te kere soos besetenes. Die vraag by ons ontstaan sou dit nou deel van die landsbesetting-sonder-vergoeding, wat op almal se lippe is, wees?



Die Myna’s gaan nie net sommer oorgee nie. Beide veg vir hul toekoms. Die aanval duur ongeveer 4 ure in ‘n temperatuur van 35oC. In hul lighuis was dit verseker baie warmer. Dan teen middag-ete kom daar ‘n wending. Die nes is nou weer toeganglik vir beide die Myna’s. Kossies word aangedra en die heen en weer gevlieg neem toe. Die vrede daal weer op Mnr en Mev Myna se Lighuis.



Nou wonder ons wat was die bohaai dan oor. Die antwoord kom sommer skielik wanneer twee voëls uit die lig aarde toe kom. Dit het my aan ‘n ou oorlog-fliek laat dink wanneer die Fokkers so op hul vyande afgeduik het. Die grootste van die twee land met ‘n plof onder die lig. Dis ‘n heelwat groter voël.

Dit is ‘n Koekoek.


Die Afrikaanse koekoek is ‘n somertrekvoël. Dit is tussen 30 – 32cm lank en 95 – 112g groot. (African Cuckoo). Die voël is ‘n broeiparasiet en gebruik ander voëls as broeigasheer.

Hierdie jaar was die koekoek weer hier. Meneer en Mevrou Koekoek was uitgeslape. Meneer het die Myna egpaar besig gehou en Mevrou Koekoek het soos blits in die lighuis verdwyn en weer uitgekom. 
Die Indian Myna egpaar het die eier uitgebroei na 12 dae en die kleintjie het vinnig uit die lighuis sy verskyning gemaak. Die skree was anders as die van 'n Myna. So by my kool dit was kostyd vir 'n klein gevlekte koekoek. (Great Spotted Cuckoo). Vinnig het hy groter geword en was hy binnekort groter as die Myna. Dink net hoe trots was Meneer Myna, want sy gene was sterk!!!  






Tot volgende keer
Sandra en Hennie

Wednesday 1 December 2021

Kameel Stoepstorie: The Country Store


 Today we are still smiling.

This story was told by one of our guests and we would like to share it with you.

We all know the Country stores in South Africa and these little stores play an important role in the community where they are situated.

The gentleman's story begins as he was locking up his country store late one afternoon. The last customer arrived.

A lady, on high heels, a long cigarette holder in hand and a swing in the hips. She explore the shop and then asked if there is anything fresh.

The old gentleman then politely answer that the bread, veggies, fudge and jams are all homemade.

Her answer was very rude and to the tune, that is not what she was looking for and everything is pathetic.

His answer was that the brooms are very, very fresh

She look at him quite puzzled and asked him what that would be needed for.

He kept his cool "to use for transport"

She did not get it and he then gave her another hint "please use it and fly away"

-------

 At Kameel we have Wilrickkontreiwinkel.  





Still next time 
Sandra 

Saturday 23 October 2021

Kameel Stoepstorie: Beet Pasta Mushroom Tortellini From Scratch

Wow what a day. 
We made Beet Tortellini from Scratch.


We used beets from our garden to make the puree and our old pasta recipe that Hennie tweaked to add the puree. 


Tortellini are very simple to make, but it is a lengthy process though


We used our manual pasta machine to roll the pasta in sheets and a 7 cm. cookie cutter to cut the circles. 




We then made a filling for the tortellini. We have used a mushroom and garlic filling on top of a small dolly-up of Labneh cheese. We made the labneh cheese earlier in the week. 


So it was a little of this and a little of that of the top of the circles.


Then it was time to dip a finger in water and brush the edge of half of the circle. The amount of water you will need is minimal. A simply moist finger will work. Don’t use a whole water drop.


Now simply join both ends of the semi circle just like this.


Use a bit of water to connect both ends and seal them together.

To freeze the homemade tortellini, place assembled pieces on a floured baking sheet. Insert the entire baking sheet in the freezer. Let it sit in the freezer for a couple hours, until frozen. Transfer to your container of choice and make sure to seal it properly.



Till next time 
Hennie and Sandra 







Friday 24 September 2021

Kameel Stoepstorie: Loop daar nog 'n trein?

 

A 1965 Fordson Tractor 

Die storie word vertel deur Christiaan Carstens.

Ons het begin van 1962 op Stella geland. My Pa Christiaan (Cassie) Carstens was aangestel as die onderhoof by Hoërskool Stella. Hy was sommer ook die koshuisvader, en tannie Rudman sy regterhand. 


In 1967 word hy die skoolhoof. Ons is aan die einde van die eerste kwartaal 1969 daar weg na Citrusdal.


Ja, mense het swaar gehad daardie jare, terwyl daar ook skatryk boere in die omgewing was... armoede en rykdom neffens mekaar.


Cassie die skoolhoof het sy geleerdheid gekry danksy 'n kinderlose egpaar, destyds stasiemeester op Lutzville wat vir Cassie se studies betaal het. Die ooreenkoms was dat daar 'n trekker gekoop moes word en vir die familie op Lutzville stuur moet word. 

Cassie het woord gehou en in het in 1965 'n tweede-handse Fordson-trekker by een van die boere gekoop. 


Die Fordson trekker is op die trein gelaai en die trek vanaf Kameelstasie na Lutzvillestasie is begin. Kan julle die groot verwagting beleef toe daardie Fordson op Lutzvillestasie aangekom het. Daardie trekker was die eerste een op die werf van my oupa, 'n bestaansboer en bitter arm. My oupa is kort daarna oorlede, maar daardie Fordson vanaf Kameel het 'n bloeitydperk ingelei vir my pa se broer, my oupa se erfgenaam. Die genade is groot. 


Fordson trekker op die dorsvloer

Tot volgende keer 
Sandra 



Friday 9 July 2021

Kameel Stoepstorie: Inry, Spooktrein en die Kooperasie

 

Dit was 'n ware fees om die Inry op Vryburg te besoek. Pa het die Stellalander dopgehou vir watter fliek wys in die inry. Ons moes 50km grondpad al langs die spoor ry om Drive-in toe te gaan. Ons was almal gespit en gepolish teen 15h30. Met Pa-Gerald agter die stuur is die motorkar se neus is in die rigting van Vryburg gedruk. Daar was 'n stof streep soos wat ons om die draai by Devondale gegaan het. Wanneer ons Vryburg insleep het. het ons in die ry by die inry op die Schweizer pad ingeval. Wiel vir wiel het ons nader aan die hek gerol. 

Hier moet ek myself in die rede val. Ons kon nooit verstaan dat 'n boer uit die distrik nooit in die tou gery het nie, maar altyd voor gaan indruk. Soos Pa sou sê: Hulle dink hulle is important. 

Party keer moes ons huis toe ry want die inry was vol. Dan het ons darem 'n dubble thick lime milkshake by die Waldorf Cafe gedrink en weer die pad terug Kameel toe aan gedruf. 

Pa het vertel van die spook van Devondale wat die tafeldoek onder die koppies uitgepluk het en bo-oor gegooi het. Van die bakleiery in die buitekamer en my oupa wat amper die huis weggeskiet het. 

Ma het vertel van die fosfor ligte op Langverwag en haar kinderdae op die plaas. 

Natuurlik was daar ook 'n spooktrein. 

Die Spooktrein se lig het ons begin sien net nadat ons die draai by Devondale weer terug Kameel toe gevat het. Die pad loop se reg langs die treinspoor. Die trein lig het ons van vêr gesien, maar dit het nooit nader gekom nie. Daar is vertelings dat jy die vibrasie op die spore kon voel, maar die trein het nooit sy eind-bestemming bereik nie, en dan net so poef verdwyn. Dit was natuurlik ook 'n manier om ons wakker te hou tot by die huis anders moet ons bed toe gedra word. 

Nou hoe kom ek by die Kooperasie? 

Dit was een aand toe die Finchams terugkom van die Drive-in. Die Spooktrein was op sy pos. Die lig nie flouer geword soos voorheen nie, inteendeel hoe nader ons aan Kameel gekom het, hoe helderder het die lig geword. Amper op Kameel het Ma opgemerk dat sy 'n brand ruik. Nou Ma-Flos kon 'n vuur ruik lank voordat jy die rook gesien het. 

Skielik het Pa geskree: Die kooperasie brand.. 

Inderdaad Suid-Wes kooperasie was aan die brand. 

Mielies was in netjiese hope gepak, daar was nog nie silo's nie. Hierdie hope het aan die brand geslaan en binne oomblike was dit in ligte laaie. 

Die boere het kom help om die vlamme te blus, maar dit het aanhou smeul.

Die volgende oggend het Pa-Gerald, Oom Willie en Oom Joppie die mielies begin wegry na die kamp waar Kameel Rust en Vrede vandag is. Dit was chaos. Almal het hul bes probeer om die mielies te red, maar soos altyd met 'n vuur was die skade groot. 





Tot volgende keer 
Sandra 

Thursday 20 May 2021

Kameel Stoepstorie: Birds in the gardens and surrounding areas.


Birds in the gardens and surrounding areas of Kameel Huise Tussen Spore

Barbet Black-collared / Rooikophoutkapper

Babbler Arrow marked / Pylvlekkatlagte

Barbet Crested / Kuifkophoutkapper
 
Barbett Acacia Pied / Bonthoutkapper

Bee-eater Little / Kleinbyvreter

Bokmakirie / Bokmakirie

Bullbull African Redeyed / Afrikaanse Rooioog Tiptol

Bunting Cape / Rooivlerkstreepkoppie

Bustard Kori / Gompou

Canary Yellow / Geelkanarie

Chat Mocking Cliff (female) / Dassievoel

Coucal Burchell’s / Gewone Vleiloerie

Crane Blue / Bloukraanvloël

Crombec Longbilled / Bosveldstompstert

Crow Black / Swartkraai

Crow Pied / Witborskraai

Cuckoo Africa / Afrikaanse Koekoek

Diederik Cuckoo / Diederikie

Great Spotted Cuckoo / Gevlekte Koekoek

Dikkop spotted / Dikkop

Dove Cape Turtle / Gewone Tortelduif

Dove Laughing / Rooiborsduifie

Dove Namaqua / Namaquaduifie

Drongo Forkedtailed / Mikstertbyvanger

Eagle African Fish / Visarend

Eagle Black breasted snake / Swartborsslangarend

Eagle Black / Witkruisarend

Eremomela Yellowbellied / Geelpensbossanger

Falcon (Amur) Eastern Redfooted / Oostelike rooipootvalk

Finch Green-winged Melba / Gewone Melba

Finch Redheaded / Rooikopvink
Firefinch Redbilled / Rooibekrobbin

Firefinch Jameson / Jamesonvuurvinkie

Flycather Fiscal / Fiskaalvlieëvanger

Flychatcher Marico / Maricovlieëvanger

Flychatcher African Paradise / Afrikaanse Paradysvlieëvanger

Francolin Natal / Natalse fisant

Goose Spurwinged / Wilde Makou

Guineafowl Helmeted / Gewone Tarentaal

Hammerkop / Hammerkop

 Heron Black-headed / Swartkop reier  

Photo : Deon Hoon 


Hoophoe / Hoephoe

Hornbill Grey / Grysneushorningvoël

Hornbill Southern Yellowbilled / Suidelike Geelbekneushorningvoël

Ibis Hadida / Hadida
Kestrel Greater / Grootrooivalk

Kite Blackshoulder / Blouvalk

Korhaan Northern Black / Witvlerkswartkorhaan

Lourie Grey / Kwevoël

Martin Common House / Huisswael 

Martin Rock / Kransswael

Mousebird / Muisvoël 

Myna Indian / Indiese Spreeu

Ostrich / Volstruis

Owl Barn / Nonnie-uil
Owl Giant Eagle / Reuse ooruil
Pearl-potted owl / Witkoluil
Owl Spotted Eagle / Gevlekte ooruil

Peafowl Common / Pou

Pigeon Rock / Kransduif 


Pipit Grasveld / Gewone Koester

Pipit Longbilled / Nicholsonse Koester 


Plower Blacksmith / Bontkiewiet

Plower Crowned / Kroonkiewiet 


Prina Black-chested / Swartbandlangstertjie


Roller Purple / Groot Troupant

Lilac-breasted roller / gewone troupart

Sandgrouse Namaqua / Kelkiewyn 


Scimitarbill Greater / Swartbekkakelaar 


Green wood hoopoe / Rooibekkakelaar

 Scrub-Robin Kalahari / Kalahari Wipstert 

Secretarybird / Sekretasisvoël

Shrike African Longtail  / Langstertlaksman

Shrike BruBru / Bontroklaksman

Shrike Common Fiscal / Gewone fiskaallaksman

Shrike Crimsonbreasted / Rooiborslaksman

Shrike Lesser Grey / Gryslaksman

Shrike Redbacked / Rooiruglaksman 

Sparrow Cape / Gewone of Huis mossie

Great Sparrow / Groot mossie 

Sparrow Southern Greyheaded / Suidelike Gryskopmossie

Starling African Pied  / Afrikaanse Witgatspreeu

Starling Glossy / Kleinglansspreeu

Stork Abdim’s / Klein swart ooievaar

 Stork Black / Groot swart ooievaar

 Stork Marabou / Maraboe

 Stork Yellow billed / Nimmersat

Sunbird Marico / Maricosuikerbekkie

Sunbird Whitebellied / Witpenssuikerbekkie
Black-faced waxbill / swartwangsysie

Blue Waxbill / gewone blou sysie

Voileteared waxbill / koningsblou sysie

Flychatcher African Paradice / Afrikaanse Paradysvlieëvanger

Southern Pale Chanting Goshawk / Bleek Singvalk

African sacred ibis / Skoorsteenveër

Blackcrowned tchagra / Swartkroontjagra
Tchagra Brown-crowned / Rooivlerk Tjagra

Chestnut-vented Tit-Babbler Bosveld Tjeriktik

Starling red-winged / Rooivlerk spreeu

Stork White / wit ooievaar 

Wooly-necked Stork / Wolnek Ooievaar

Thrush Groudscraper / Gevlekte Lyster

Titbabler Chestnutvented / Bosveldtjeriktik

Vulture Cape / Kransaasvoël

Wagtail Cape / Gewone Kwikkie

White-browed sparrow-weaver / Koringvoël

Widowfinch Steelblue / Staalblouvinkie

Woodpecker Bennet's / Bennet-speg

Woodpecker Cardinal / Kardinaalspeg
Southern Masked Weaver - Swartkeel Geel Vink

Black harrier / Witkruisvleivalk

If you have taken photos of birds at Kameel please be so kind and share it with us. 
We will update the list on a regular basis. 

Till next time 
Sandra