Friday 24 September 2021

Kameel Stoepstorie: Loop daar nog 'n trein?

 

A 1965 Fordson Tractor 

Die storie word vertel deur Christiaan Carstens.

Ons het begin van 1962 op Stella geland. My Pa Christiaan (Cassie) Carstens was aangestel as die onderhoof by HoĆ«rskool Stella. Hy was sommer ook die koshuisvader, en tannie Rudman sy regterhand. 


In 1967 word hy die skoolhoof. Ons is aan die einde van die eerste kwartaal 1969 daar weg na Citrusdal.


Ja, mense het swaar gehad daardie jare, terwyl daar ook skatryk boere in die omgewing was... armoede en rykdom neffens mekaar.


Cassie die skoolhoof het sy geleerdheid gekry danksy 'n kinderlose egpaar, destyds stasiemeester op Lutzville wat vir Cassie se studies betaal het. Die ooreenkoms was dat daar 'n trekker gekoop moes word en vir die familie op Lutzville stuur moet word. 

Cassie het woord gehou en in het in 1965 'n tweede-handse Fordson-trekker by een van die boere gekoop. 


Die Fordson trekker is op die trein gelaai en die trek vanaf Kameelstasie na Lutzvillestasie is begin. Kan julle die groot verwagting beleef toe daardie Fordson op Lutzvillestasie aangekom het. Daardie trekker was die eerste een op die werf van my oupa, 'n bestaansboer en bitter arm. My oupa is kort daarna oorlede, maar daardie Fordson vanaf Kameel het 'n bloeitydperk ingelei vir my pa se broer, my oupa se erfgenaam. Die genade is groot. 


Fordson trekker op die dorsvloer

Tot volgende keer 
Sandra 



No comments:

Post a Comment