Saturday 5 May 2018

Kameel Stoepstorie: Devondale tot Kameel

Al ooit gehoor van Devondale?
Die stasie is 25km vanaf Kameel. Vandag is daar min oor van die eens tuiste en besigheid van my Oupa Victor en Ouma Hester. Na hulle huwelik het hulle Devondale Store besit en in die huis langs die winkel gewoon. In die goeie dae van Devondale was daar die watertenks waar die stoomtreine water gevat het. Ek onthou nog die ou Convent wat een van die groot geboue in die omgewing was.
Wanneer daar by die familie op Kameel gaan kuier is, het oupa en ouma met die motorfiets en 
side-car gery.
 
Oupa Victor op die motorfiets reg om die pad te vat Kameel toe, maar daar was darem tyd vir ‘n foto sessie.
Dan was dit Ouma Hester se beurt in die syspan. Sou wat wou gee om daardie hoed van nader te kon besigtig.
Ouma op die motorfiets. Kyk die leer kamaste. In my opinie sien ons altyd ons oumas en oupas as baie streng maar as ek so na die foto’s kyk haal ek my hoed vir hulle af. Niks kon hulle onderkry nie.
Ek is seker hulle het by al die bekendes van die omgewing gekuier. Aunt Ethel (oupa se suster) en Uncle Rex Collins het, net oorkant die spoor op Devondale, gewoon. Ek is seker dat daar ook gekuier is by Uncle Alfi and Ant Nellie Fincham, wat op Kinderdam gewoon het. Ook onthou ek die Starkes van Curnow. Daar was die Barlow’s (my ouma en ouma aan moederskant) van Langverwag.

Pa Gerald het altyd vertel van die spook op Devondale – ouma en oupa het na die 4 uur tee gaan stap. Toe hulle terug kom was die tafeldoek onder die koppies en teepot uitgetrek en bo-oor alles gegooi, sonder dat iets uit sy plek was. Daar was natuurlik die fosfor-ligte op die drade waarvan Ma Floss vertel het.
Groot-Oupa Alfred Ernest is in 1937 oorlede en Oupa en Ouma Fincham het toe Kameelbult toe getrek

Die dae op die plaas was gevul met daaglikse plaas aktiwiteite. Die eerste trekker was ‘n groot aanwins.
Die Dorsmasjien
Kameel het ‘n winkel gekry – Mr McKay se winkel. Mr McKay was natuurlik Tannie Glen se pa. Hy het vir jare die winkel besit, maar die beste was die stories oor die mak kraanvoël, Jock, wat almal gejaag het.
Oom Ernest en Tannie Glen op hul troudag.
  Tannie Glen was ‘n legende in die plaaslike poskantoor waar sy vir jare gewerk het.
Die winkel is later jare deur Oom Daan en tant Lizzi bedryf. Nadat hulle vertrek het, het oom Russel en tannie Corrie Olewage die winkel bedryf. Later jare sou my ouers die winkel bedryf. Nadat hulle genoeg gehad het, het Patrick, my broer die winkel bedryf en later jare het hy dit verhuur. Toe die laaste huurders van die winkel hom, na vele kere gesoebat het om die winkel terug te neem, het hy die bul by die horings gepak en die deure van Wilrick Kontrei winkel geopen.
Kameel se “Mall” ‘n kontrei-winkel, posagentskap en die bottelstoor. 
Daar was ook die Italiaanse kryggevangenes wat op die plaas kom uithelp het na die Tweede Wêreld Oorlog. Pa Gerald het hulle by Zonderwater gevangenes gaan haal en weer teruggevat. Renato het vir baie jare kontak met die familie gehou.
My Pa, Gerald staan links
Pa Gerald, Oupa Victor, Ouma Hester, Jean voor en die Italiaaners.
Oupa Victor is in 1954 oorlede en ouma het die Cafee langs die treinspoor begin.
Kameel is een van die dae ek en Hennie se nuwe tuiste ons hoop om in die voetspore van ons ouers, groot-ouers en geliefdes te kan stap.
Aunt Louis, Aunt Mary and Aunt Ethel

Tot ‘n volgende keer 
Sandra en Hennie

2 comments:

  1. Interesting history. Researching family tree. George Henry Collen married Ada Ethel Fincham 1927. Son George Rex Collen.

    ReplyDelete