So op ‘n snikhete dag hoor ons ‘n trein aankom. Dis ‘n vriendelike treindrywer, want soos hy aankom word die toeter (of is dit nou ‘n fluit) geblaas. Niks ernstig, so ‘n versigtige toet toet. Dit het my nogal aan die tjoetjoe laat dink.
Ons nuuskierigheid kry die oorhand, want alhoewel ons langs ‘n spoorlyn woon is treine nogal skaars. Soms twee per dag. Anderdae minder.
Die trein kom so stadig nader. Kan ek maar sê hy bekruip ons huis, so amper hinkepink kom hy nader. Dis net die twee lokomotiewe. Die een aan die voorkant is blou en die ander ene is oranje. Julle weet amper soos die ou landsvlag.
Nee hulle soek meer water – vir die lokomotief. Die lokomotief het hulp nodig. Die dieselengin kook – julle weet soos wanneer ‘n kar se waterverkoeler lek en die motorengin te warm word. Die vrag met die mielietrokke is afgehak duskant die kruising. Die dieselperde het baie water nodig.
Die tuinslang word nader gesleep en op die drukpomp gekoppel. Hennie raak bekommerd en wil weet hoeveel water die kragtige masjien nou nodig sal hê? Daar word geskert en gelag stastieke word uitgeruil. Die drywer vertel dat die vrag agtergelaat is en hulle dit weer gaan hak wanneer die lokomotief ‘n bietjie gelawe is.
Dan kom die teken dat daar nou genoeg water in die tenk is. Die tuinslang word weer terug tuin toe gestuur. Die pomp word afgeskakel en die dag se opwinding is verby.
Groetnis tot volgende keer.
Sandra en Hennie
Wow pragtig
ReplyDeleteBaie dankie
Delete