Showing posts with label travel; Roadtrip; Kwazulu Natal; Free State; South Africa; Harrismith; Sandriver Valley; De Oude Huize Yard. Show all posts
Showing posts with label travel; Roadtrip; Kwazulu Natal; Free State; South Africa; Harrismith; Sandriver Valley; De Oude Huize Yard. Show all posts

Wednesday 21 June 2017

Kaalvoet Vrou Monument


Wanneer jy voor die monument staan besef jy dat die vrou klein van postuur is. Haar skouers is smal, byna asof sy koud kry in haar gegote gewaad. Sy is geklee in haar Voortrekkerkappie en lang rok. Onder haar rok steek haar fyn kaalvoete uit.
Haar regtervoet trap op ‘n klip. ‘n Mens verwag amper ‘n gebalde vuis of ‘n intimiderende gesig wat luidkeels uitroep, maar alles behalwe.

Haar arms hang langs haar sye, verseker nie die lyftaal van ‘n veglustige aktivis nie. Sy het ‘n tipe kyk wat met jare se ondervinding kom. Liefdevol, wys, sag, geduldig en omdat die geskiedenis dit laat deurskemer, maar met ‘n goeie skoot vasberadenheid op.
Beeldhouer was Anton van Wouw

 Die kaalvoet vrou is ‘n interessante hartseer storie van Susanna Catherina Smit. Susanna was die suster van Gert Maritz en die vrou van eerwaarde Erasmus Smit wat as die Voortrekkers se predikant opgetree het.
Die groep vroue was deel van Piet Retief se trek wat besluit het om die groen land van Natal as weivelde te kies. Volgens oorlewering het van die Voortrekker-vroue met ‘n Britse kommissaris in ‘n woordewisseling betrokke geraak. Hulle het met hom gestry omdat hulle nie onder Britse gesag wou staan nie en gesĂȘ dat vryheid vir hulle meer werd was as hulle lewens. Dit is toe dat Susanna Smit die bekende woorde uiter, “Liewer kaalvoet terug oor die Drakensberge as om onder Britse beheer te staan.” Susanna is egter in die destydse Natal dood, wat beteken dat sy nooit kaalvoet terug oor die Drakensberge geloop het nie.

Lees ook 
https://kameelhuisetussenspore.blogspot.com/2016/01/the-oliviershoek-pass-via-r74.html

Tot ‘n volgende keer

Groetnis

Hennie & Sandra