Wanneer jy voor die monument staan besef
jy dat die vrou klein van postuur is. Haar skouers is smal, byna asof sy
koud kry in haar gegote gewaad. Sy is geklee in haar Voortrekkerkappie
en lang rok. Onder haar rok steek haar fyn kaalvoete uit.
Haar regtervoet trap op ‘n klip. ‘n Mens
verwag amper ‘n gebalde vuis of ‘n intimiderende gesig wat luidkeels
uitroep, maar alles behalwe.
Haar arms hang langs haar sye, verseker nie die lyftaal van ‘n veglustige aktivis nie. Sy het ‘n tipe kyk wat met jare se ondervinding kom. Liefdevol, wys, sag, geduldig en omdat die geskiedenis dit laat deurskemer, maar met ‘n goeie skoot vasberadenheid op.
Haar arms hang langs haar sye, verseker nie die lyftaal van ‘n veglustige aktivis nie. Sy het ‘n tipe kyk wat met jare se ondervinding kom. Liefdevol, wys, sag, geduldig en omdat die geskiedenis dit laat deurskemer, maar met ‘n goeie skoot vasberadenheid op.
Beeldhouer was Anton van Wouw
Die kaalvoet vrou is ‘n interessante
hartseer storie van Susanna Catherina Smit. Susanna was die suster van
Gert Maritz en die vrou van eerwaarde Erasmus Smit wat as die
Voortrekkers se predikant opgetree het.
Die groep vroue was deel van Piet Retief
se trek wat besluit het om die groen land van Natal as weivelde te kies.
Volgens oorlewering het van die Voortrekker-vroue met ‘n Britse
kommissaris in ‘n woordewisseling betrokke geraak. Hulle het met hom
gestry omdat hulle nie onder Britse gesag wou staan nie en gesĂȘ dat
vryheid vir hulle meer werd was as hulle lewens. Dit is toe dat Susanna
Smit die bekende woorde uiter, “Liewer kaalvoet terug oor die
Drakensberge as om onder Britse beheer te staan.” Susanna is egter in
die destydse Natal dood, wat beteken dat sy nooit kaalvoet terug oor die
Drakensberge geloop het nie.
Lees ook
Lees ook
https://kameelhuisetussenspore.blogspot.com/2016/01/the-oliviershoek-pass-via-r74.html