Saturday, 18 May 2019

Kameel Stoepstorie: Dinge, tye en die dae op Kameel

Dit was 'n kort week, maar elke ding op sy tyd.
Ons loop rond op ons "wistle stop" en geniet die stadige pas waarteen dinge om ons beweeg.
Vandag het die paptrein verby gekom en dit was omtrent 'n gekreun en gesteun met die vrag mielies na die buurstate.
Die skoorsteen en die maan speel helder oor dag wegkruipertjie.
Die laning bome langs die plaaspad laat ons altyd tuis voel.
Die volstruismannetjie se bene en bek raak rooi. Dis glo amper paar tyd. So by myself wonder ek of dit is waar die gesegde van rooi hakstene vandaan kom.
Oral steel die alwyne my hart. Ons weet dot is alwyntyd want die alwyne stoot knop.
Die ou waterkrip bring sommer nostalgie terug van Sondae ry om beeste te gaan kyk en sout en beenmeel in die bakke te gooi en dan die "check" of die ball-valve by die krip nie vasgesteek het nie.
Seëninge vir elkeen van julle
Sandra  

No comments:

Post a Comment