Showing posts with label Swinburne. Show all posts
Showing posts with label Swinburne. Show all posts

Thursday, 23 January 2020

Die Legende van Rensburgkop

Hierdie legende is geskryf deur Leon Strachan en gepubliseer in die kontrei koerant Maluti Berg en Dal. 

Die erg onstellende storie van die pa wat sy seun in ‘n klipskeur moes doodskiet om hom ‘n verskriklik pynlike lyding en uiteindelike dood te spaar, was een wat ek saam met moedersmelk ingekry het en waarmee ek grootgeword het.
Ons bly naby Rensburgkop en het ten minste elke tweede Sondag daar verbygery op pad om by my Engelse oupa en ouma op Rainfall te gaan eet. Ek het altyd grootoog opgekyk na die hoë dramatiese gekeepte sandsteenkroon en met ‘n hol kol op die maag gewonder in watter skeur die neerdrukkende storie afgespeel het.
Van Rensburg en sy opgeskote seun het glo ‘n bok vir die pot gaan skiet. Hulle het aan die oostekant van Rensburgkop ‘n troppie rooiribbokke gekry. Die eerste skoot was rakelings mis en die bok het blitsvinnig voete gekry. Pa en seun volg die bokke teen die vloethewel aan die suidoostelike hoek van die loop op, maar die diere swenk vlugvoetig nog hoër teen die kop uit. Die tweede is uitasem agterna tot bo. Die bokke is skaam, Van Rensburg kry egter sy skoot in. Hy kwes die bok swaar, maar die seun sit die hinkende bok agterna. Net toe hy na die bok gryp swenk dit op die rand van die kop skielik wes. Die seun se momentum bring hom tot op die rand, waar hy sy balans verloor en vooroor val. Hy tuimel gillend seker ‘n goeie honderd en tagtig voet daar af.
‘n Erg getraumatiseerde Van Rensburg sien hoe sy kind deur die lug trek en met ‘n siek slag in ‘n skeur land. Gelukkig leef die kind, want hy kreun en huil en skree van die pyn. Hy probeer waansinnig vinnig afklim, maar dis regaf, en hy kom nêrens nie. Hy probeer van die kant af daar kom, en toe van onder af, maar dis ‘n onmoontlike plek – en sy seun lë in ‘n eienaardige posisie, sy rug waarskynlik af.
Helpers en osrieme is haastig gehaal. Van Rensburg is vasgewoel en versigtig oor die krans laat sak. Hy probeer naarstigtelik om onder die effense oorhang in te swaai en sodoende op ‘n lysie te beland waarvandaan hy by sy kind sou kon kom, maar dit was pure verniet. Teen laatmiddag word die seun se kreune al flouer en die aasvoëls begin draai. Naderhand is daar nie meer planne nie. Die genadeskoot klap, ‘n ouer se loodsware hart sou nooit weer herstel nie.
***

Boonop was CM van den Heever se Waar Ruwe Rotse destyds, in my sentimentele tienerjare, ‘n mooi en aangrypende gedig wat realiteit en beelde van die storie opgetower het.
Waar ruwe rotse teen die hemel klim,
waar morerooi se eerste traanglans glim,
waar aasvoëls hoog in sirkelbane sweef,
hul rou gekras in afgronde laat leef;
waar grou-wit kranse na die klowe val,
gekeep-hou tot spelonke bo ‘n dal;
waar oopgeskeurde klippekake wag
met draketande wat daar grynsend lag –
daar knal opeens geweerskoot bo die kruin
en eggo’s antwoord hard met skelbasuin.
Die dassies wip verskrik oor gladde krans,
patryse saai vlerktrillend uit hul skans.
Skuins glip ‘n voet en drillend val ‘n roer…
‘n skerp geskuur – ‘n pad wat afwaarts voer.
Twee hande gryp ‘n bos, die angs oorstelp,
benoud klink uit die diepte: “Here, help!”
Twee vader-oë kyk verward…sy seun,
die afgrond lag oor wilde skuurgedreun.
Die kruit en stof vlek oor die lug se blou,
die vader bly sy hand oor sy oë hou.
En dan gewaar hy in die skemering
sy kind, deur rotseskouers vasgedring.
‘n Riem rol na die seun daaronder neer,
“Bind vas, my kind…en Pa die sal probeer.”
Maar dis vergeefs…die kransedraak hou vas,
die riem bly stukkend breek, kry las op las.
En hulp snel by…die rotsetande gryns,
hier moet die mensverstand terug voor deins.
Dan klaag daar uit die diepte, sag en flou:
“Ek smeek dat Pa my skiet…en nou…”
‘n Roer die bewe in die growwe hand,
sag sif in skemerafgrond korrels sand.
Vas lê die kolf teen vaderskouer aan,
en langs die sneller glans ‘n afloop-traan.
“Vergeef my, God!”…’n skoot gedemp en dof…
en bo die bergegraf styg kruit en stof.
Nog skuur iets rog’lend in die diepte daar,
dis stil…die aasvoëls kras…’n vader staar.
***

Met die skryf van Abe Sparks se storie in Blafboom (1999) soek ek na verwysings vir die Rensburgkop-legende. Daar is geen gerapporteerde weergawe van die verhaal in die destydse Harrismith News (tot 1903) of die Harrismith Chronicle (sedert 1903) nie. Ook geen rekord daarvan in die twee uitstekende geskiedenis bronne van ons omgewing (FA Steytler se Die Geskiedenis van Harrismith of Blanche Hawkins se The Story of Harrismith) nie. Inteendeel, Hawkins verwys daarna, noem dat sy ook geen bewyse daarvan kon kry in haar navorsing nie en spekuleer dat dit kroegstories is.
‘n Soeke na ‘n Van Rensburg wat in die geweste geboer het, was ook vrugeloos. Die landmeter (gewoonlik van Britse, Duitse of Nederlandse herkoms) wat die plaas in die 1850’s afgemeet het, het waarskynklik van Rynsburg (Nederland) of Rendsburg (Duitsland) af gekom en vandaar die naam.
In D J Opperman se Junior Verseboek merk die samesteller op dat dit ‘n volksvertelling is wat in die bergstreke van verskillende dele van Suid-Afrika voortleef. In een van die studiereekse oor daardie Junior Verseboek word gesê dat ‘n ou en bekende legende deur Van den Heever spannend verhaal word.
In ‘n onlangse bespreking van die storie op Facebook het baie mense gereageer. Almal ken die storie, maar verskil dramaties oor waar dit plaasgevind het. Die volgende plekke is genoem: Volksrust, Danielsrus naby Bethlehem, Kogmanskloof (tussen Bonnievale en Montagu), naby Montagu in Ashton (Winterhoekberge) Golden Gate, Rensburgskop en Gordon Rots in Paarl Berg.
Van den Heever het glo sy gedig op ‘n verhaal wat in Smithfielddistrik by Aasvogelkop, naby Gladdedrif (Caledonrivier) oorvertel word, gebaseer. Dit wil voorkom asof die legende die prominentste by Aasvogelkop en Rensburgskop is.
‘n Ander bekende Van Heerden, Ettienne, se Toorberg is klaarblyklik ook deur die legende geiinspireer (‘n vader skiet sy seun wat in ‘n boorgat vassit).
In ons geweste is die legende van Rensburgkop wyd bekend en word dit sonder bevraagtekening geglo, van Johannesburg af met die N3 langs tot in Durban. In so ‘n mate dat die SAUK destyds die drama The Mountain, wat oor die legende handel, hier geskiet het met Sandra Prinsloo in die rol van die seun se ma. Die filmspan het in die plaas Stirling (net oos van die kop) se woonhuis gebly tydens die verfilming.
Alles dui daarop dat dit ‘n sogenaamde ‘urban-legend’, of stoepstorie, is.




Dankie aan Biebie de Vos vir ‘n fotos wat ons gebruik het en ook fotokrediet aan die Bald Ibis staproete.

Tot ‘n volgende keer
Hennie & Sandra

Wednesday, 25 October 2017

Tolbrug by Swinburne


Die brug oor die Wilgerivier by Swinburne is een van ons geskiedkundige provinsiale monumente waarvan baie min mense weet as gevolg van die bou van nuwe paaie. Dit staan ook bekend as The Border Bridge. Die grens tussen die Oranje-Vrystaat Republiek en die Britse kolonie van Natal was die Wilgerivier.


 Tydens die vroeë dae het verkeer van transportryers toegeneem en is daar groot kapsie gemaak wanneer die Wilgerivier in vloed was en dit byna onmoontlik was om deur die rivier te trek. Daar is veral gekla oor die driwwe oor die Wilge-, Elands-, Cornelisriviere en Holspruit. Die destydse regering het twee bruê gebou.

Die een was te Swinburne en die ander was ongeveer 10km verder na Bethlehem. Die brug by Swinburne is op 23 Julie 1884 geopen. Die ander brug staan bekend as die Swalobrug. Ongelukkig vir die transportryers sou daar tolgeld gehef word vir die gebruik van die brug. Tolgeld is gehef tot 1905.

Friend newspaper mentioned the bridge as follows: “It is composed of three arches of thirty-three feet 4 inches and carries a roadway of eight feet wide, wit sidewalks of three feet each, to total breadth being sixteen feet. The approaches spread out gradually a thirty feet wide, are gravelled with trap and iron-stone, and enclosed by a massive wooden fencing three feet six inches high. The parapets are solid stone capped by a handsome coping, and the whole structure is founded on a solid sandstone foundation, one abutment partly resting also on a dyke running across the river.”


 In daardie dae was die brug grootendeels deur die transportryers gebruik wat goedere vervoer het tussen die hawe in Natal en die goudvelde aan die Witwatersrand. Dit was ‘n brug wat noodsaaklik was vir “wielverkeer”.


Die brug waar die waens en rytuie die rivier oorgesteek het en tolgeld moes betaal.


Die publiek wat te voet of the perd gereis het, het steeds deur die vlakwater van die rivier gegaan om die tolgelde te vermy. Dit laat my nogal dink aan die alternatiewe paaie vandag waar daar ook nie tolgelde gehef word.

Ongelukkig het Rinderpes uitgebreek. Rinderpes is ‘n doodelike siekte onder beeste en die regering aan beide kante van die brug het die beweging van beeste beperk om verspreiding te verhoed. Die Transportryers het eenvoudig die Wilgeriver op ‘n veilige plek oorgesteek en die tolgeld en die verbod vermy.

Die wêreld gebruik van daardie dae – enige perd wat vier wit “stockings” gehad het kon die brug gratis oorsteek -was ook hier van toepassing Vier-wit-voet-perde het baie gesogd geword en natuurlik ‘n groot mark geopen.

Dan was daar die Trippens-Hoogverraadsaak. Hierdie saak waarin W Bramley, – lid van die Volksraad vir die dorp Harrismith, ‘n Hollander, ‘n argumenteerde aan die gang gesit wat die koerantskrywers van die dae oorvloedige stof van lang artrikels in die nuusblaaie gegee het. Die hele affêre het gespruit uit die wanbetaling van drie pennie se tolgeld vir ‘n perd wat agteraan ‘n transportwa vasgemaak was. Dit was weliswaar ‘n nietige oorsaak, maar groot beginsels in in die spel gebring. Bramley is beskou as “een bemoeizieke man die ziech gaarne omtrent verschillende zaken laat horen” Die insident wat aanleiding gegee het to die kabable was dat ‘n sekere James Day ‘n transportryer van Umgene, Pietermaritzburg met sy wa by die tolkek by Swinburne aangkom. Agteraan die wa was ‘n perd vasgemaak wat saam met die wa geloop het. Day moes 5/- betaal, maar het geweier om die drie pennies vir die perd te betaal. Hy en De Witt, die tolgaarder het woorde gehad en De Witte het hom op Harrismith gaan aangekla. Hierop het Parsons, die hoofkonstabel en Van den Bosch, die balju, Day die volgende dag agterna gesit en teen die helling van Drakensberg, aan Natal se kant aangetref. Hulle het hom versoek om terug te kom na Harrismith. Day het sy wa in die sorg van ander gelaat – daar was destyds ‘n kwaai rooiwater-epidemie onder die beeste en het heeltemal vrywillig met Parson en Van den Bosch na Harrismith gegaan. Hy het die Maandag in die hof verskyn, maar die saak is teruggetrek.
Op Saterdag het hy in aanaraking met Bramley gekom wat ‘n brief aan David Erskine – Koloniale Sekratris van Natal geskryf het. Die brief is deur Day geonderteken. Dit is by die poskantoor geregistreer vir versending na onder andere ook die Natal Colonist. Die brief het soos volg gelees:
“On 10th April I passed the toll at Wilge River and was abused by the toll keeper thereby call me ——Englishman, who moreover did his utmost to provoke me to commit an assault. I paid 5/- toll money for my wagon and the amount due for a lead horse, I sen over from Munger’aross the river to the toll keeper, who, however returned the money and lodge a complaint against me for avoiding the payment and breach of the peace. In consequence of this, a warrant was issued my apprehension took place in Natal. Mr Webb of Harrismith was present. I was obliged to leave my wagon and charge of a coloured boy (the trail not coming off till Monday 14th April and beside the detention, I stand great ri8sk in suffering heavy losses owing to the prevailing epidemic amongst cattle. As I believe a gross outrage has been committed on my person as on the Colony of Natal, I have the honour to place myself as a British subject under the protection of the Natal government and to request efficient steps may be taken to obtain redress of my wrongs and losses. You will perceive the warrant is not endorsed by a Natal magistrate and does not come under the extradition treaty.
Op dieselfde dag het Day, op ‘n voorskrif van Bramley, ‘n brief aan die redakteur van die Natal Colonist gerig waarin hy sê dat die brief nie gepubliseer moet word nie, want die saak is onttrek.
Meneer Day trek verder maar Bramley word gearrestreer. Word van hoogverraad aangekla. Bramley het ongevreer twee maande in die tronk gesit en is toe op borgtog van 1000 pond vrygelaat. Bradley het nie gaan lê nie hy het opjeksies teen die een landros gehad en ‘n ander moes die regbank opneem. Bradley het ook objeksies teen de van die jurie gehad. Hy word toe toe verhoor die uitslag waarvan was dat hy onskuldig verklaar word en ontslaan is.



Die brug is ook van groot belang gewees tydens die Suid Afrikaanse Oorlog waar dit deur die Boere sowel as Britte daarvan gebruik gemaak het.
Die Wilgerivier by die brug het ‘n gunsteling plek geword om die motors van die tyd te was. Baie dankie aan Biebie de Vos vir hierdie foto



 Vroeër dae was dit ook die plek om ‘n foto of twee te neem. Foto Biebie de Vos

Tot volgende keer
Hennie & Sandra