Soos julle weet het ‘n Kameeldoringboom yslike dorings. Vir ‘n klein dogtertjie is dit sommer allermintige dorings. Onthou tot vandag dat ‘n doring in die sagte deel van my voetsool gesteek het. Dit het gereën en ons het in die water geloop. Die nagevolg was pynlik. Ma Floss het alles probeer maar die doring het vasgesuig vir dae. Vandag nog is die letsel onder my voet die bewys van die pyn en lyding.
n Kameeldoringboom of dan Vachellia Erioloba se dorings van naderby.
In Suid-Afrika is die Kameeldoringboom is ‘n beskermde boom. Dit lewe vir baie jare. Van die bome op die plaas was daar toe ons as klein kinders daar kom woon het. Niks krap hulle omstandighede om nie. Nie droogte of baie reën nie. Die penwortel groei baie diep en die maksimum van so ‘n penwortel is 68m.
Die Doringboom verskaf kos, skuiling, plek vir die vee en voels. Dit het ook medisinale voordele vir die mens. Pierneef het graag die bome geskilder.
Groot erkenning word aan die webtuiste gegee vir die skildery naamlik die Dyman Gallery
Jare gelede wou Pa Gerald ‘n boom uithaal wat in die pad was van ‘n ontwikkelling. Die trekker – nogal met so ‘n dakkie – en kettings is ingespan. Die trekker het gekreun en gesteun, maar toe die ketting breek en amper vir Ouboet teen die kop tref Pa oorgegee. Die boom staan nog vandag heel gemaklik op sy plek.
Die kameeldoringboom wat die stryd teen ‘n trekker en ‘n ketting gewen het.
Die boom dra die mooiste grys peule. As jy desperaat genoeg is kan jy die peul oopbreek en die swart sade uithaal en fyn maal en gebruik as ‘n plaasvervanger vir koffie. Die fyn gemaalde saadpoeier is ook glo goed vir oorinfeksie. Gebrande as van die bas van die boom is goed om ‘n hoofpyn te genees. Die sade word ook gebruik as ‘n voer vir die vee. Die gesegde lei dat ‘n Kameeldoringboom nie sal groei voordat dit deur die maag van ‘n bees gegaan het.
Die peule met hul sagte grys kleur.
Die bygelowe het ook nie die Kameeldoringboom verby gegaan nie. Daar word geglo dat weerlig eers ‘n doringboom sal slaan voordat dit anderbome sou raak slaan. Die storie glo ek swaar. In ons jong dae het die weer 14 van Ma Floss se beeste onder die Kareebome dood geslaan. Die Kameeldoringboom was ongeskonde.
Die Kameeldoringboom "grove" is 'n groep bome wat nooit groot geword het nie. Die stamme is skeef en krom en dit groei in 'n groep. Toetse is al deur navorsers gedoen om die rede te bepaal en steeds bly dit 'n geheim van die natuur.
Dan is daar die doringboomrivier wat, soos beskryf soos 'n rivier, oor 'n langafstand deur die area loop.
Ons huis is natuurlik in die skadu van ‘n Kameeldoringboom gebou.
Sandra
No comments:
Post a Comment