Ma Floss het ons geleer van kalkoene.
Die kalkoene sou die inkomste aanvul wanneer die reën wegbly. Klein
kalkoentjies is groot gemaak en saans moes die kalkoene in die hok
gejaag word.
Nou ‘n kalkoen is ‘n groot voël. Die mannetjies het ‘n uitgroeisel of lel wat van die bokant van die snawel hang. Die mannetjies is groter en kleurryker dan die wyfies. Die mannetjie pronk en sleep vlerk. Die geluid wat hulle maak is koel-koel.
Saans wanneer die son sak was dit ons
kinders se werk om die kalkoentrop hok toe te jaag en seker te maak dat
almal agter die hek vir die nag is. Jakkalse wat baie lief vir Ma se
kalkoene en ‘n kalkoenwyfies sou sommer so van die nes gevreet word. Ons
moes seker maak dat die kalkoene hoek toe kom laat middag. Dit was
makliker gesê as gedaan. Elkeen sou in ‘n ander rigting hardloop. Dit is
toe dat ons uitgevind het dat as jy ‘n sirkel met jou voet op die grond
trek sit die kalkoen doodstil in die sirkel. Te bang om te roer. Dit
het dinge aansienlik makliker gemaak. Ons het ook geleer dat jy ‘n
kalkoen kan koggel deur koel-koel te roep en die mannetjies sou saam
sing en pronk. Hulle wag vir hulle kos in die hok. Gelukkig kan kalkoene
nie vllieg nie. Hulle skrop in die grond. Wanneer ‘n storm kom hardloop
kalkoene hokke toe. Hulle kruip weg. Alhoewel kalkoene op baie tafels
beland eet ons nie kalkoen nie.
Nou ‘n kalkoen is ‘n groot voël. Die mannetjies het ‘n uitgroeisel of lel wat van die bokant van die snawel hang. Die mannetjies is groter en kleurryker dan die wyfies. Die mannetjie pronk en sleep vlerk. Die geluid wat hulle maak is koel-koel.
Arende daar in teen is anders. Dis die
vinnigste voël in vlug. Hy kan ver en wyd sien. Hy vreet nie aan aas
nie. Hy styg op sonder ’n aanloop. Arende vlieg die hoogste van alle
voëls. Hulle styg bo storms uit.
Die arend is die enigste voël wat direk in
die son kan kyk. Arende word taamlik oud. Hulle vlieg na die hemele toe
wat anders is as enige ander voël. Jy sien die arend lig sy oë op na
bo. Hy lig sy oë op na die hemele. Die arend vlieg die son in ….. !!
Die vraag is wat doen ek en jy?
Is ons n kalkoen of n arend?
Kalkoene hardloop en gaan kruip weg maar arende vlieg hoër as die probleem … afgesonderd ……. op na die hemel toe.
Kalkoene hardloop rond as daar probleme is.
Arende spreek lewe en sien ‘n storm as ‘n geleentheid. Hulle rig hulle fokus na bo en vlieg nader na hulle Beskermer toe.
Jy sien wanneer ‘n arend opmerk ‘n storm is oppad maak hy sy vlerke wyd oop en hy daag die storm uit
Dink net – as die arend só kragtig is, hoeveel te meer is jy as mens nie?
Tot volgende keer
Hennie & Sandra
No comments:
Post a Comment