Wednesday 25 July 2018

Kameel Stoepstorie: Naamborde en Padpredikante wat elk sy eie storie vertel


Die lewe in die stad is altyd so vining. Jy moet jou haas van die een uiterste na die ander kant. Op die Platteland is dit heel ‘n ander storie. Hier is ‘n ander rustigheid wat ‘n invloed op almal het. Jy kom waar jy wil wees op jou eie pas. Jy maak gebruik van wat beskikbaar is. Die afgelope twee weke het ons ook hierdie spesiale bederf beleef.
Die man wat vriendelik wuif maar steeds sy fiets penorent hou.
Ons het op stofpaaie gery, dan weer op ‘n heel oordentlike grondpad met kareebome langs die kant. Die Karee’s laat jou so half-en-half beskut voel teen die elemente daarbuite. Ons het op ‘n twee-spoor pad gery. Hier het almal tyd om te groet, beleefheid en oordentlikheid is aan die orde van die dag




Ooral langs die paaie kom ons padpredikante teë. Elkeen dui ‘n rigting aan maar so ook vertel elkeen dat die pad na êrens lei. Die name laat ons glimlag want daar sal verseker nuwe stories wees om te vertel. Nuwe geleenthede en nuwe wind rigtings om in te slaan. Ons gaan nog baie rondrits dit is verseker.







 Wanneer die son water trek is dit vir eers tyd om na Kameel terug te keer. Terug na die Huise tussen Treine en tussen Spore.

Tot volgende keer

Hennie en Sandra

No comments:

Post a Comment