Thursday, 2 February 2023

Kameel Stoepstories: Oom Danie Roux vertel van Kameel en Noord Wes Graan

Oom Danie en Tannie Lizzy 
So onthou ons hulle


 


Stap saam met ons deur die massaskure op Kameel. 

'n Baie ou Kaart van die Spoorlyn. Kameel word aangedui as Saltpan

Die volgende artikel. Oom Danie Roux geskryf. en is gepubliseer in die Noord Wes Nuus Maart/April 1972

Oom Danie Roux ken Kameel se geskiedenis. Dit is geskiedenis wat hy gehelp maak het en die eerste stasiegeboutjie wat op pale gestaan het, onthou hy nog goed.

 Maar dit, sê oom Danie, was nie omdat dit destyds so baie gerent het nie. Die gebou moes op pale kom anders het dit onder die stof toegewaai.

Jare later is n permanente gebou opgerig 


Waar Noordwes se massaskure vandag staan, het Alfred Fincham* van Stella vroeg in die twintigerjare ‘n klein stoortjie opgerig, op die plaas Kameelbult, vir die berging van sout wat hulle met muilwaens vanaf Stella aangery het. Die oplaai van hierdie sout was dan ook die groot rede waarom Kameel sy stasie gekry het op die spoorlyn wat in 1894 tussen Vryburg en Mafeking gebou is.

 Oom Danie vertel dat hyself, oom Frikkie Scholtz en Frans Visser daardie jare die grootste saaiboere in die omgewing was. Hulle plase was in die sogenoemde reënvalstreek geleë. Omdat hulle ook graag in die voordele van ‘n kooperasie wou deel, het hulle met Noorwes in aanraking gekom om ‘n depot op Kameel te open

Oom Danie en Tannie Lizzy 

Sewe boere en ‘n paar direksielede van Noordwes het op ‘n goeie dag by die stasie vergader en daar is ‘n reëlingskomitee gestig. Met die Spoorwee is ooreengekom oor ‘n stukkie grond waar ‘n stoor van sink en pale gebou is.

Van die eerste stoorman vertel oom Danie ‘n grappige staaltjie. Al die gespook en gekla by die direksie dat hulle die stoorman ‘n brandkluis moes gee, het absoluut niks gehelp nie.

Al wat hierdie man kon doen was om die geld wat hy names die kooperasie ontvang het, in sy persoonlike bankrekening op Vryburg te bank. Aan die einde van elke maand wanneer hy sy boeke gebalanseer het, stuur hy aan Noordwes se hoofkantoor op Lichtenburg een van sy persoonlike tjeks vir die bedrag wat die tak op Kameel gedurende die maand sake gedoen het,

 Oor sekere aangeleenthede het die kooperasie en die spoorwee nie deur dieselfde bril gekyk nie en die depot op die stasie het probleme begin skep. Die plaaslike lede het begin uitkyk vir ‘n geskikte terrein wat hulle kon koop en hul eie geboue oprig.

Die huidige terrein is van Ernest en Gerald Fincham(*) gekoop. 13.334 Morge is verkoop teen die verkoopsprys van R8000.00 op 19 Maart 1963 aan Die Noord-Westelike Koopertatiewe Landboumaatskappy Beperk.

Later, vertel oom Danie, het die boere van die omgewing hulle beywer vir die verkryging van ‘n eie direkteur op die direksie van Noorwes omdat hulle gevoel het so ‘n persoon, wat die plaaslike omstandighede goed ken, is baie nodig.

Oom Danie was al die jare ‘n aktiewe lid van Noordwes wat die belange van sy kooperasie heelvoor gestel het.

Die adjunkminister van Landbou, Hendrik Schoeman het die masssaskure geopen. Hy het vertel dat in die middel van 1939 daar vir die eerste maal by Kameel en Madibogo graan ontvang is. By Kameel is in 1940 ‘n houtstoor vir R160 opgerig om 15 000 sak graan te ontvang. Die daaropvolgende 10 jaar was die jaarlikse graanlewering op Kameel gemiddeld 391 00 sak. Die bakmaat van Kameel was 400 00 sak. Op Kameel en Madibogo het die boere R300 000 van hul eie fondse bygedra om fasiliteite te skep.

Vandag is die massaskure in ongebruik nadat daar 26 silo's gebou is. 

Die Massaskure 

Die massaskure het dubbel wande en die rondings help om die drukking op die wande te verminder. 

Oorhoofse vervoerband

Vervoerband van nader gesien 

Die skuur van bo gesien. Die drie ronde voorwerpe is die rollers wat die gewig van die vervoerbande dra.

Rollers van naby gesien 

Die dryfroller van naby gesien. 

Die dryfroller met die roller wat die balans hou.(counter weight)

Die toring waar die los mielies uitgelaai word. 

Jaco en Hennie staan reg vir 'n foto

Die hopper waar die mielies afgelaai word. 

Die twee massastore wat sy aan sy staan 

Die ingangs roete 


Die massastoor is uitgebou met 'n sement wat 'n V-vormige sykante
Die ou weegbrug 
 
Die silo's wanneer die son sak 

·         Alfred Fincham was my oupa-grootjie.

·         Gerald Fincham was my pa


Baie dankie aan Jaco Havenga wat ons vergesel het om foto's van die Massastore te neem. 

Dankie Hennie vir die foto's 

Groete tot volgende keer 
Sandra Cronje nee Fincham 

No comments:

Post a Comment